Die Departement se vlagskip voorgraadse module is die BA in Internasionale Studies. Politieke Wetenskap vorm ook ’n integrale deel van verskeie ander graadprogramme deur die Fakulteit Lettere en Sosiale Wetenskappe aangebied, wat deeglik ontwerp is om studente met kennis en vaardighede vir ’n verskeidenheid opwindende loopbane toe te rus.
Politieke Wetenskap speel ’n sleutel rol in die volgende programme:
• BA (Geesteswetenskappe) • BA (Sosiale Dinamika) • BA (Sosio-Informatika) • BA (Internasionale Studies) • BA (Menslike Hulpbronbestuur) • BEkon • BA (Politiek, Filosofie en Ekonomie) [PPE] • BA (Regsgeleerdheid)
Vir meer inligting oor hierdie programme, sien die Lettere en Sosiale Wetenskappe Webtuise.