Stellenbosch University | Political Science

TEACHING POLITICAL SCIENCE

​​​Magister Programme

MAGISTER GRAAD IN POLITIEKE WETENSKAP (ALLEENLIK TESTIS)
(ONDERWERPE RONDOM INTERNASIONALE BETREKKINGE KAN OOK IN HIERDIE PROGRAM BESTUDEER WORD)

Programstruktuur

Hierdie navorsingsprogram behels die voltooiing van onafhanklike navorsing en die opstel van die resultate tot ‘n tesis. Die program kan voltyds of deeltyds gevolg word. Die kandidaat hoef nie op Stellenbosch te woon nie, maar gereelde kontak en konsultasies met die studieleier is noodsaaklik.

Toelatingsvereistes

’n Honneursgraad in Politieke Wetenskap of ’n gelykwaardige kwalifikasie soos deur die Senaat goedgekeur met ’n gemiddeld van 65%, sowel as ‘n geskikte studieleier.

Die voorsitter van die Departement Politieke Wetenskap het die diskresie om ‘n aanvullende studieprogram vir ‘n voornemende student voor te skryf.

Onthou om u aansoek teen 30 September in te dien.

Thesis

Die tesisonderwerp word in oorleg met die departementele voorsitter gekies en moet ideaal gekoppel wees aan die navorsingsbelangstellings van personeellede. Die tesis moet ongeveer 40 000 tot 60 000 woorde lank wees.

Alle tesisse word deur ‘n interne en eksterne eksaminator geëksamineer.

Navrae: Prof. Janis van der Westhuizen

Tel: +27 21 808 2502

E-pos: jvdw2@sun.ac.za