Stellenbosch University | Political Science

TEACHING POLITICAL SCIENCE

English | Afrikaans

BA(Internasionale Studies)

Die groeiende rol van Suid-Afrika in die globale gemeenskap skep ’n aanvraag vir opgeleide persone wat globale aangeleenthede verstaan, en wat daartoe in staat is om te funksioneer en effektief in multikulturele verband te kommunikeer. Die BA in Internasionale Studies stel studente in staat om:

• ’n soliede begrip te hê van internasionale stelsels, spesifiek in die internasionale politieke ekonomie;
• hul kennis van bevolkings en tradisies van uiteenlopende dele van die wêreld te ontwikkel;
• kulturele diversiteit in praktiese, besluitnemingskonteks te waardeer en te bestuur; en
• vreemde tale aan te leer.

Stellenbosch Universieit bied ’n unieke en opwindende BA program aan vir persone wat loopbane beoog in:

• die diplomatieke diens
• die internasionale kantore van die Departemente Arbeid, Handel en Nywerheid, en Verdediging
• the internasional sektor van die Parlement
• the Nasionale Intelligensie Diens
• the internasionale telekommunikasie industrie
• internasionale joernalistiek
• die toeristebedryf
• bestuurskonsultasies
• navorsingsinstitute
• streeks- of landwye organisasies wat buitelandse handel en investering (bv WESGRO) bevorder
• hoofkantore en streekskantore van internasionale regerings organisasies (die VN, Wêreld Handelsorganisasie, SADCC, die Statebond, ens)
• internasionale nie-regerende organisasies (Amnesty International, World Economic Forum, ens)
• globale noodlenigingsagentskappe soos “Save the Children”, “OXFAM”, ens
• multinasionale korporasies
• die in- en uitvoerbedryf

Unieke eienskappe:

• kombineer die studie van tale, kultuur, ekonomie, geskiedenis en internasionale betrekkinge;

• ondersoek die uitdagings wat kulturele diversiteit bied in die Suid-Afrikaanse konteks en stel studente wêreldwyd bloot aan plaaslike en internasionale dosente op die hoogste vlak;

• bied intensiewe blootstelling aan gebiede wat van groot belang is vir Suid-Afrika, soos Afrika, die Verenigde State, Asië en Latyns-Amerika; en

• bied interessante geleenthede vir studente om met hul studies in ander lande voort te gaan, veral op nagraadse vlak.

Skakel na  Lettere en Sosiale Wetenskappe, Jaarboek 2023.

Aanbieding
Alhoewel die program meestal tweetalig is, is daar sommige modules in Politieke Wetenskap wat deur buitelandse akademici aangebied word en daarom in Engels aangebied sal word.

Navrae
Program Koördineerder: Dr Guy Lamb, Politieke Wetenskap
Tel: +27 21 808 2388 E-pos: glamb@sun.ac.za