ONDERRIG POLITIEKE WETENSKAP
Wat is Politieke Wetenskap? Hoekom Politieke Wetenskap?
Die Departement se vlagskip voorgraadse module is die BA in Internasionale Studies. Politieke Wetenskap vorm ook ’n integrale deel van verskeie ander graadprogramme deur die Fakulteit Lettere en Sosiale Wetenskappe aangebied, wat deeglik ontwerp is om studente met kennis en vaardighede vir ’n verskeidenheid opwindende loopbane toe te rus.
Politieke Wetenskap speel ’n sleutel rol in die volgende programme:
- BA (Geesteswetenskappe)
- BA (Sosiale Dinamika)
- BA (Sosio-Informatika)
- BA (Internasionale Studies)
- BA (Menslike Hulpbronbestuur)
- BEkon
- BA (Politiek, Filosofie en Ekonomie) [PPE]
- BA (Regsgeleerdheid)\
WAT IS VAN DIE VRAAGSTUKKE WAT IN POLITIEKE WETENSKAP ONDERSOEK WORD?
Globale Politieke Ekonomie:
Wat is die interaksie tussen politiek en ekonomie?
Wat is die implikasies van globalisering?
Watter rol speel organisasies soos die Wêreldbank, the IMF en die Wêreld Handelsorganisasie?
Hoe kan ons globale ongelykheid aanspreek?
Wat weet jy van die Afrikakontinent?:
Wat is die nalatenskap van kolonialisme?
Is Afrika se oplossings to Afrika se uitdagings haalbaar?
Hoekom is daar so baie konflik in Afrika?
Voorsien ons meer hulpbron oorloë in Afrika?
Wat is die eienskappe van die staat in Afrika?
Internasionale Betrekkinge:
Hoekom gaan state oor tot oorlog?
Hoe hanteer ons globale probleme soos klimaatsverandering?
Is die Verenigde Nasies ’n effektiewe liggaam?
Watter rol speel nie-staats rolspelers (multi-nasionale korporasies, nie-staats organisasies en terroristegroepe)?
Moet die internasionale gemeenskap ingryp wanneer ’n staat nie sy burgers beskerm nie?
South African Politics:
Die uitdagings van armoede, werkloosheid, HIV/Vigs.
Wat is die implikasie van Suid-Afrika se eenparty dominante stelsel?
Wie is die hoof politieke partye en wat is hulle beleid?
Is die land se verkiesingstelsel goed vir demokrasie?
Is die Suid-Afrikaanse grondwet in bedreiging?
Die gevolge van korrupsie en misdaad op politieke kultuur.
Openbare Beleidstudies:
Wat beteken openbare beleid?
Wie is die sleutel rolspelers in openbare beleidsprosesse?
Hoe neem politieke leierskap beleidsbesluite?
Watter rol speel mag in openbare beleidsprosesse?
Waarom lig beleidsnavorsing nie outomaties openbare beleidsprosesse in nie.
Konflikstudies:
Is die twee-staat oplossing ’n lewensvatbare opsie vir Israel en Palestina?
Watter impak het die 9/11 terroriste-aanval op die VSA in die wêreld gehad?
Hoe kan ons die omstandighede wat tot volksmoord (soos in Rwanda in 1994) mag lei herken?
Is blywende vrede bereikbaar?
HOEKOM POLITIEKE WETENSKAP?
’n Hoofvak in Politieke Wetenskap stel jou in staat om in te skakel by ’n breë spektrum interessante en prakties-georïenteerde nagraadse programme by hierdie universiteit, elders in Suid-Afrika en internasionaal. Politieke Wetenskap gegradueerders gaan voort en word, onder andere:
- Bestuurders in die private and publieke sektore
- Besigheids entrepreneurs
- Joernaliste en spesialiste in publieke betrekkinge
- Diplomate
- Prokureurs
- Politieke analiste
- Organiseerders en aktiviste in nie-regerende organisasies (NGOs) en maatskaplike bewegings
- Beamptes vir internasionale organisasies soos die Verenigde Nasies
- Konsultante
- Ondersteuners en noodlenigers vir internasionale verenigings
- Bestuurders van politieke en ander publieke veldtogte
- Navorsers op nasionale en internasionale publieke aangeleenthede
- Onderhandelaars
- Vredebouers
- Militêre- en sekuriteitspesialiste
- Internasionale Verkiesingsmonitors
- Politieke adviseurs